

3 BESTANDDELE SKONS
1¾ koppie bruismeel
1 koppie room
¼ koppie gesmelte botter
Ek het net ‘n ½ koppie room gehad en dit toe opgevul met volroom dubbeldik Bulgaarse jogurt, knippie sout en 1 teelepel suiker bygevoeg. Liggies gemeng en sommer met my hande platgedruk. Het 13 uitgekry. Gebak by 180°C vir tien min. Nogal lekker en lig!
Foto: Martie Fourie Moolman
Nota deur Gigi Robinson
Gou Marie Fourie Malan se 2 bestanddele skons probeer, maar net kaas en spring onion en so dash sweet chilli sous bygesit, en dis heerlik en vinnig.







done
Regtig van die lekkerste en ligste skons wat ek nog gebak het, en so lekker vinnig. Ek hou van die kaas daarin, vir bietjie ekstra oemf….. ek vind ook dat dit bietjie langer as 10 min bak, hang seker maar af hoe groot mens hulle maak, maar werklik ‘n wenner