SPEK, KAAS EN BIERBROODJIE
3 koppies broodmeel
1 eetlepel bakpoeier
1 teelepel sout
3 eetlepels suiker
1 ¼ koppie gerasperde kaas
1 bottel bier
4 slices SPEK (ek het hele pak gebruik)
2 eetlepels botter
Oond 180°º.
Meng eers droë bestanddele envoeg dan die bier by, meng goed.
Skep in broodpannetjie en strooi nog bietjie kaas bo oor.
Drizzel botter bo.
Bak vir halfuur en dan haal uit en drizzel nog botter oor.
Sit weer terug en bak nog vir n halfuur. Haal uit en koel af.
Resep en foto: Marian van Deventer








