

SONDIGE-LEKKERTE KARAMEL YSKASTERT
1 blikkie caramel geklits
meng 500 ml room saam dit.
Pak laag tennisbeskuitjies en gooi mengsel derde daarvan oor beskuitjies dan weer laag tennisbeskuitjies, dan weer caramel en room mengsel en dan weer beskuitjie en laaste mengsel.
Krummel beskuitjies fyn bo-op (as jy nou sjokkie gehad het dan rasper jy dit tussen lae heeelik) maar jy gaan nou moet improvise).!!!
Plaas in yskas tot goed styf.
Ek het ook al met dieselfde tert piesang skyfies tussen lae gesit (sorg net dat jy besprinkel met suurlemoen anders verbruin hy).
Resep: ELMARIE SNYMAN
Foto: Lisinda Blaauw







Hierdie tert is vreeslik ryk, maar ook vreeslik lekker. Ek dink iets wat in die resep moet kom is dat die room styf geklits moet word. Ek het dit gedoen alhoewel dit nie so genoem word nie, anders weet ek nie hoe dit gaan stol nie. Ek sal in die vervolg ook bietjie minder room gebruik. Die baie room oordonder bietjie die karamel.