NAPOLITAN WAFEL
Aarbei Mouse:
200 g gevriesde / vars aarbeie
1 klein blikkie nestle room (ek het heuning geur gebruik)
3 teelepels suiker
4 teelepels gelatien, gespons
1 klein blikkie room ekstra vir opdiening
Verwerk die aarbeie, room en suiker tot glad in die voedselverwerker.
Voeg die gelatien by en verwerk weer.
Voer klein bakkies uit met kleefplastiek.
Skep die mouse in die bakkies en verkoel tot gestol.
Sjokolade Wafels:
60 g gesmelte margarien
1 eier
2 koppies melk
1 koppie bruismeel
½ koppie suiker
¼ koppie cacao
Klits al die bestanddele baie goed saam vir 5 minute.
Laat rus die mengsel vir 30 minute en bak in ‘n warm wafelpan.
Sjokolade sous:
1 koppie suiker
½ koppie water
2 eetlepels margarien
2 eetlepels cacao
2 ml sout
1 ml kremetart
5 ml vanilla
Kook al die bestanddele behalwe die margarien en vanilla saam vir 5 minute.
Wees versigtig, want dit kook maklik oor.
Haal van die hitte af en roer die margarien en vanilla by.
(Die oorspronklike resep vir die sjokoladesous kom uit die Kook en Geniet)
Bron en Foto: Corne Liebenberg









Done