NAAN BROOD AFRIKA STYL
3 koppies koekmeel
½ teelepel sout
1/3 koppie botter wat jy in die meel vryf
Meng 1/3 koppie louwarm water, 2 eetlepels suiker en ee1 pakkie kitsgis tot dit skuim, voeg dit tesame met 2/3 koppie Clover Inkomazi by die meel en knie.Laat rys tot dubbel die hoeveelheid, maak 8 balletjies, rol langwerpig uit, laat rys weer so 20 min, smeer gesmelte botter oor en bak op ‘n plaat vir 8 min, draai om na 4 min.
Resep en foto: Frans Odendaal








