Plaas jou meel, muesli, sade, kitsgis en sout in ‘n groot mengbak. Roer met lepel om al die bestanddele te versprei.
Voeg die water stadig by en begin dan roer met n houtlepel. Meng die deeg goed deur totdat dit glad is. As die deeg te styf is kan jy ‘n klein bietjie ekstra water byvoeg. (Die deeg moet stadig van die houtlepel afval as jy dit opskep. Aangesien jy die deeg nie gaan knie met jou hande nie maak dit nie saak as dit ‘n bietjie slapper is nie.)
Nou het jy twee opsies. Jy kan nou die brood dadelik in ‘n voorbereide brood pan skep of jy kan die mengsel laat rus in die mengbak (met ‘n klam lappie bo-op) vir ten minste n uur of selfs langer vir ‘n meer komplekse smaak. Bedek die broodpan met n klam lap en laat dan vir sowat 30-40 minute lank rys. Verwyder die lap versigtig en strooi ‘n bietjie muesli of meel bo-oor die brood. Plaas die brood in die voorverhitte oond en bak vir 50-60 minute.
Verwyder die brood uit die pan en laat op n draadrak afkoel tot kamertemperatuur.
Wenke: Hierdie brood vries baie goed. Jy kan ook enige kombinasie van sade, neute en/of gedroogde vrugte gebruik.
Foto: Leanne Thurston Coetzer








