

MARLENE SE SOETGROENTE
Ek het die keer patat saam met sak gevriesde gemengde groente gaargemaak.
Ek kook alles eers gaar, dan gooi ek suiker na smaak oor. Kook dit weer lekker deur.
Dan gooi ek die ergste water af (moenie baie water oorlos nie) en meng bietjie vlapoeier met water en roer dit deur die groente.
Kook net tot vla “gaar” is. Roer deur.
Brand gou as dit bietjie dik is. My mense is mal daaroor
RESEP EN FOTO:Marlene Mouton Carstens






