

LEKKER VERSIERSEL
Frieda Greyling
Ek gebruik halwe pakkie sjokolade kitspoeding, 125 ml room en n blik karamelkondensmelk
Klits dit net styf en hou rukkie in yskas voor jy die koek versier vir ‘n wit koek gebruik ek net karamel kitspoeding saam met room en karamelkondensmelk.
Heather Strumpher
Glo my, dis ‘n wenner. Ek neem ook Riches room se Vercite room. 1 koppie en klits dit tot styf met ½ blikkie kondensmelk en 1 teelepel vanilla geursel.
Heather Strumpher
Neem pakkie sjokolade of vanilla kitspoeding. Klits met 2 koppies room. Klits nou ook blikkie gekookte kondensmelk of caramel treat by. Dis redelike stywe koekversiersel en ek skep dit altyd in spuitsak.xxx……geniet….ek gebruik dit ook as mousse
Tracy Minny
Fudge tipe icing
50 g botter
400 g sjokolade
1 blik kondensmelk
Smelt in mikrogolf vir vyf minute of tot alles gemelt is.
Meng goed asof jou lewe daarvan afhang. Skep dadelik oor die koek. Laat koel en voila jou koek is versier.
Foto: Kavuki Staffords – ek het 250ml room gevat en saam met die kitspoeding gemeng met ‘n ¼ blik caramel en kleure gel kleursel in gesit. Pers – het ek blueberry cheesecake poeding, banana poeding -blou, butterscotch poeding- geel en strawberry poeding – pink, toe ek dit gebreuk het net weer ‘n bietjie room in gesit. Hoop dit hulp






