HOENDER MET HEUNING EN MOSTERD SOUS
6 hoenderborsies, opgesny
1 groot ui, opgekerf
2 knoffel vingers, gekerf
2 koppies gekapte sampioene (1 klein houertjie)
½ teelepel kerriepoeier (mild)
songedroogte tamatie, opgekerf na smaak
1 pak Royco Honey en Mustard Cook-in sause
1 blikkie klappermelk
1 koppie ertjies
2 groot of 4 klein wortels, in respies gesny
vars pietersielie, fyn gesny
Braai die uie, kerrie en knoffel in bietjie olyfolie tot net sag.
Gooi die hoender blokkies by en braai tot lekker verkleur, gooi sampioene by en braai net lekker deur.
Maak die sous aan met die klapper melk en giet oor die hoender.
Draai plaat stadig, sit deksel op en laat prut tot hoender sag is.
Sit songedroogte tamatie by.
Kook die wortels in sout water tot net sag nie pap nie.
Gooi kook water af en gooi dadelik koue water oor. Gooi water af en gooi by hoender in die pot.
Roer die ertjie by en laat net deur kook.
Gooi pietersielie oor en bedien met basmatie rys en ‘n heerlik slaai.
Foto en resep geplaas deur Rina Kleinhans