GESTOPTE ROOIBOK BOUD
Meng die volgende speserye (Swartpeper, Ina Paarman Braai speserye en Ina Paarman Meat Spice)
Maak gaatjies die hele boud vol
Stop boud met die volgende in elke gaatjie:
Bietjie speserye mengsel
1/4 teelepel appelkooskonfyt
Skaapspek repies
Rooi, groen en geel pepper repies (afgewissel vir kleur)
Vars knoffelhuisie
Voorste punt van grasui (nie die groen gedeelte nie)
Smeer die boud met olyfolie bo-op en vryf die oorblywende speserye oor die boud. Bak in foelie op 150 ºC vir 2 ure en vermeerder dan jou hitte na 180 ºC vir nog 3 ure.
Bo-laag:
Smelt botter, appelkooskonfyt en suurlemoensap op lae hitte. Kwas die boud vir die laaste uur, kort-kort.
Resep en foto: Charmaine Faulds








