

VRUGTE MAASKAASTERT
(Vir gemiddelde grootte tertbak)
1 pakkie Tennisbeskuitjies
± 125ml gesmelte botter
2 blikkies kondensmelk
2 houertjies gladde maaskaas
¾ koppie suurlemoensap
1 pakkie rooi jellie of ander geur (opsioneel) en vrugte wat daarby pas vir bo-op
Rol tennisbeskuitjies fyn met koekroller op papier.
Meng beskuitjies met gesmelte botter en druk as kors vas in tertbak en plaas in yskas.
Meng kondensmelk met ¾ koppie suurlemoensap en klop met vurk tot dik. Meng maaskaas daarby en gooi in tertkors.
Sit tert in oond en stel oond op 170ºC.
NB: Hou oond se liggie dop – sodra liggie afgaan en die oondtemperatuur bereik is, skakel oond af, maak die oonddeur oop en laat die tert binne in oond afkoel.
Vir versiering:
Maak jellie aan met ¾ koppie kookwater en halwe koppie koue water en laat afkoel. Giet bo-oor afgekoelde tert en versprei die vrugte bo-op.
Resep en foto: Elsa du Plessis






