
SUSHI IDEES
Suneth van Rensburg
Ek gebruik smoked salmon of prawns, avo, komkommer, wortelrepiesBheula de Jager Wortel repies, Tuna en Feta asook agurkies
Noeline Schoeman Vermaak
Ek kry gerookte forel (trout) hier by ‘n plek op Vredenburg te koop wat die helfte goedkoper is as die gerookte salm wat by die winkels beskikbaar is –
(1) dus gerookte forel, cheddar kaas en avo – ek smeer ook mayo oor die rys en geroosterde sesame saad (in al my rolletjies).
(2) Gaar prawn en kaas
(3) Gekrummelde hoenderrepies met portuguese chicken spice (lekker skerp) – niks ander by behalwe die mayo en sesame saadjies nie.
(4) Philidalphia kaas en biltong – biltong moet papierdun en seningvry wees, anders gebruik ek poeierbiltong. As Philidelphia te duur is, enige ander lekker roomkaas of dip
(5) Feta en olywe
(6) Blaarslaai, wortelrepies, goed gedreineerde crushed pynappel (ek druk nog die sap verder uit met ‘n telepel in die siffie), + sprietuie – dit gee ‘n baie mooi voorkoms as dit gesny word.Leanne Thurston Coetzer
Ek maak ook self Sushi, ek koop Simonsberg se smoked salmon cream cheese en gebruik dit saam met prawns en cucumber. Die Sweet chilli cream cheese is heerlik saam met crab sticks. Ek koop Mediteranean Delicasies se Tuna Carpacio met avo, dis besonders lekker.
Hierdie was my heel eerste poging, nie te mooi gerol nie maar darem vrek lekker gewees
2de Poging het darem beter begin lyk
Noeline Schoeman Vermaak
Leanne Thurston Coetzer, wow vir jou eerste probeerslag! Dis baie goed gedoen! Gelukkig het ek nie ‘n foto van my eerste probeerslag geneem nie. Sover ek weet neem dit die Japannese sushi chefs 15 jaar om die kuns te vervolmaak
Die meeste van die tyd maak ek sushi met geen rou produkte in nie, behalwe natuurlik groente soos wortel en komkommer. Ek gebruik meestal gerookte salm of forel aangesien die rou vis ook maar nie altyd geredelik hier by ons beskikbaar is nie.
Leanne Thurston Coetzer
Die Tuna Carpacio wat ek gebruik is ook nie rou nie, dis in suurlemoensap en olyfolie gele. Die salm is gerook so dis ook nie rou nie. Crabsticks is reeds gaar en die prawns maak ek gaar. Dis ‘n wanpersepsie dat Sushi rou is. Sashimi is die stukkies rou vis wat almal so laat gril.
Bheula de Jager
So by die 10 keer het ek al lekker skoolgeld betaal Altyd lekkerder as mens dit self maak:)
Stompie Theron Borman
Mens kry by Glomail ‘n vormpie wat jy die rolletjies kan maak ek wil vir my so ding koop kry net nie hier in Mosselbaai of George een nie sal maar in Gauteng gaan kry
Bheula de Jager Ek het hierdie roller op Bid or buy gekoop. Ek dink ek het geld gemors, mens leer jouself nie regtig om sushi te rol nie, en buiten dit, jy kan net drie stukkies sushi maak op ‘n slag. Wat beteken jy gaan ure besig wees. Jy moet die Nori ook die regte grote sny. Ek sal voorstel vir beginners en pro om by die sushi mat te bly
Bheula de Jager
Ek meng ook Cross & Blackwell mayo met bietjie wasabi. So wasabi mayo op ‘n sushi is hemels
Mary Lewis
Hi julle ! ONS is ook baie lief vir sushi,ek begin ook graag gerookte salm op n bed lekker vars slaai blare ,op die salm gooi ons suurlemoensap,n paar druppels tobasco,vars gemaalde smart pepper,saam met dit bedien ek as bykos op gesnyde komkommer ,uit(so halwe klein ui per persoon ) vars tamatie en vars warm bruinbrood met botter ,mmmmm






