
SMOORSNOEK POT
(Hoeveelhede volgens eie smaak)
snoek
aartappels
3 groot uie
4 groot tamaties
Kook vooraf die snoek lekker gaar en pluis die vleis uit.
Sny aartappels in plat skywe en kook tot sag.
Neem 3 groot uie en braai in olie.
Pak ‘n lagie aartappels, uie en vis totdat dit alles op is.
Neem 4 groot tamaties, verwyder die skil en plaas heel bo.
Kook totdat die kos gaar is en roer deeglik deur.
BRON-Dulcken Dwyer






