RIANA SE APPELTERTJIES
Hier is my appeltertresep, ek bak dit nou al 12 jaar en was ‘n goeie verkoper in die tuisbedryf wat ek gehad het.
220 ml margarien
500 ml suiker
6 eiers
100 ml melk
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 groot blik tertappels, opgesny
Sous:
200 ml Cremora melkpoeier
400 ml kookwater
250 ml suiker
10 ml karamelgeursel
Klits die magarien, suiker, eiers en melk goed saam, voeg die gesifte droë bestanddele by en klits tot goed gemeng. Skep die beslag in voorbereide muffinpannetjies of tertbak.
Plaas die appelstukkies op die tertbeslag. Bak die tertjies in ‘n verhitte oond by 180ºC vir 20min vir klein tertjies of 45 min vir ‘n groot tert.
Terwyl die tert bak, maak die sous aan. Kook al die bestanddele in ‘n potjie saam tot die melkpoeier goed opgelos is. Giet die warm sous oor die tertjies as dit uit die oond kom. Laat bietjie afkoel en haal die tertjies uit die pannetjies.
Resep: Riana Le Roux
Foto: Wynand Chantelle Van Huyssteen