LOUISE SE SOUSBOONTJIES
1 Pakkie boontjies (Suikerboontjies, groot of klein wit boontjies)
Soek boontjies deur en verwyder klippies ens. Week oornag en kook met skoon water die volgende dag volgens instruksies op pakkie. Drukkoker neem halfuur.
Gooi die kookwater af as gaar.
Voeg by: 1 ½ koppie suiker en ½ koppie bruin asyn, sout en peper asook ‘n halwe koppie Sweet Chillie sous (opsioneel). Dit gee ‘n heerlike smaak.
Laat suiker oor stadige hitte oplos en laat opkook en prut. Jy kan dit verdik met ‘n opgehoopte eetlepel Maizena wat met van die sous in die pot gemeng word. Kook en roer tot verdik.
Plaas dadelik in warm gesterilliseerde glas flesse. Hierdie resep lewer een groot (mayo) pot en een kleintjie.
Resep en foto: Louise Groenewald








