Ek het gister hierdie koek gebak. Gewone vanillakoek en die vulsel is
500ml room,
1 pakkie vanilla instant poeding,
1 blikkie pere (in klein stukkies opgesny) en
125 ml gekapte pekanneute.
Klits room tot 60% styf. Gooi die instant poeding in en klits nog so bietjie tot styf. Gooi die pere en neute in, meng deur en sit op koek. Rasper sjokolade bo-op.
Judy Bester