

JAM SQUARES – KONFYT VIERKANTE
Room saam
250 g margarien
125 ml suiker
5 eetlepels olie
5 ml vanilla
voeg vanilla by 2 geklitste eiers en sit by boonste mengsel.. klits goed
Sif saam
800 ml meel
2 ml sout en
20 ml bakpoeier
Voeg by en dan werk jy dit met die hand tot stywe deeg vorm.
Verdeel die deeg in 2 balle en bêre in die yskas vir 30 min.
Vat nou een deel van deeg en druk plat in gesmeerde rolkoek pan en besmeer met konfyt van jou keuse(ek het tuisgemaakte appelkoos konfyt gebruik), gooi laag klapper oor en dan vat jy 2de deel deeg en rasper die deeg bo oor.
Bak in voorverhitte oond van 180 ºC vir 40-45min sê die resep maar ek het dit net 35 min gebak in my waaier oond.
Wanneer afgekoel sif versiersuiker oor en sny in blokkies.
Bron: Naudéa Visser






