FILLETINO
Filletino vir aandete! Fillet met sampione, avo, chillies en room binne en cheddar, feta en peppadew bo-op!
Oe ja, dit was bitter lekker! Jy braai sampioene in bietjie olyfolie, voeg dan n fyngemaakte avo en so 4 eetlepels room daarby, en sweet chilli sous na smaak en roer dan oor lae hitte vir so 2 minute tot alles gemeng is. Uie en knoffels is ook baie lekker om saam in te meng. Skep dit dan op driekwart gaar fillet, vou dit toe en sit gerasperde cheddar en feta bo-op met gesnyde peppadews. Vinnig en baie lekker!
Vicky Dawson Van Zyl