COUNTRY HOT POT
500 g beesvleis in blokkies gesny
1 gekapte ui
170 g wortels in stukkies gesny
100 g baby marrows in stukkies gesny
400 g aartappels in blokkies gesny
250 g sampioene
1 teelepel oreganum
1 pakkie Country Hot Pot dry cook in sauce
Verbruin die uie en vleisblokkies in warm olie vir ongeveer 5 minute. Voeg die res van die groente, behalwe die sampioene by en roerbraai verder vir 5 minute. Voeg 500 ml koue water asook die inhoud van die pakkie Hot Pot en die oreganum by en bring tot kookpunt terwyl dit aanmekaar geroer word. Verminder die hitte en laat prut onbedek vir ongeveer 35 minute. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand. Indien die vloeistof te min raak en die sous te dik, kan bietjie water bygevoeg word. Voeg die sampioene by ongeveer 10 minute voor die kooktyd om is.
Resep en foto geplaas deur ADRIAN OLIVIER








