

CHAKALAKA AARTAPPELS
1 kg baba aartappels, gekook en in helftes gesny
200 ml gewone jogurt
suurlemoenpeper
Aromat
1 pakkie knopie sampioene
215 ml blikkie chakalaka
50 ml blatjang
1 koppie gerasperde kaas
Pak aartappels in gesmeerde oondbak.
Meng res van bestanddele, behalwe kaas en gooi oor aartappels.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond tot ‘bubbling” en gaar.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman






