

VISTERT
1 x 425 g blik vis in tamatiesous
1 groot ui gesny en gebraai
3 eiers
1 koppie melk
4 dikkerige snye witbrood
sout en peper
gerasperde kaas
Klits die eiers en die melk. Sny brood in blokkies, giet die eiermengsel oor die broodblokkies. Maak vis fyn en voeg by. Geur na smaak.
Meng goed deur en skep dit in ‘n oondbak.
Strooi kaas oor. Bak 30 min by 180ºC.
Resep en foto: Lenie Benson






