SOET WORTELS MET ‘N TWIST
Julle gaan nou seker vir my lag, maar hier kom dit – Kook wortels gaar, maar nie pap nie. Meng die volgende in aparte bakkie en roer deur die gekookte wortels :
Halwe tot driekwart koppie Mayonnaise;
3 eetlepels Mrs Balls blatjang of appelkooskonfyt;
1 tl matige kerriepoeier;
1 tl suiker.
[Vermeerder hierdie bestanddele, afhangende van die hoeveelheid wortels].
Foto: Frances Smith
Frances Smith
Ek hou niks van gaar wortels nie 🙈
Maar te danke aan onderstaande resep gaan ek dit nou kan eet en geniet
Dit is regtig iets anders en baie lekker