GILLIAN SE MOSSELSOP
1 gekapte ui
1 pakkie wit uiesop
500 ml water
500 ml melk
Halwe pakkie gevriesde swart mossels grofgemaalde swartpeper
Halwe koppie gerasperde kaas
pietersielie
2 ml gerookte paprika
Braai ui in pan met bietjie olyfolie.
Maak sop aan volgens aanwysings op pakkie met melk en water.
Voeg gebraaide ui, mossels en peper by en prut 10 minute stadig.
Roer kaas, paprika en pietersielie by net voor bediening.
Ek maak hierdie resep dubbel aan vir 6-8 mense








