MOSBOLLETJIE BESKUIT
5 kg meelblom
500 g rosyne
500 g botter of 1/2 botter en 1/2 varkvet
4 koppies suiker
6 koppies lou water
25ml anyssaad
1/2 koekie gis – droog of saamgepers / 5 ml aktiewe droë gis
12,5ml sout
Stamp die rosyne stukkend en moenie die pitte verwyder nie, Kook dit 10 minute lank in water en laat dit afkoel tot die lou is.
Sit dit in ‘n vererde kan of emmertjie en voeg 125 ml lou water by, gemeng met die giskoek daarby. Roer goed om en om en laat dit op ‘n warm plek staan tot die rosyntjies bo dryf, dit sal so 24 – 36 uur neem.
Syg die vloeistof van die rosyne deur ‘n klam kaasdoekie en gebruik vir die suurdeeg,.
Roer 4 koppies meelblom by die vloeistof tot dit glad is en laat dit sowat 3-4 uur lank of tot die suurdeeg goed gerys het, op ‘n warm plek staan.
Smelt die botter of die mengsel van botter en vet en voeg ‘n bietjie gekookte water of melk daarby.
Meng die meelblom, suiker, sout , anyssaad, suurdeeg, botter en genoeg warm water om ‘n stywe deeg te vorm.
Knie die deeg baie deeglik, minstens 1 uur lank, tot dit egalige klein lugblasies daarin versprei het. (sny stukkie van die deeg met ‘n mes om vas te stel)
Maak dit goed toe en hou dit oornag op ‘n warm plek.
Die volgende oggend sal die deeg dubbel die oorspronklike grootte wees. Moet dit nie afknie nie, maar vorm bolletjies van die deeg en sit hulle teen mekaar op die gesmeerde panne.
Laat die bolletjies op ‘n warm plek rys tot hulle in grootte verdubbel het en smeer die gesklitste geel van ‘n eier, gemeng met ‘n bietjie suiker en melk bo-oor.
Bak omtrent 1 uur lank in ‘n warm oond by 200 C of 400 F.







