MARIE SE SOUTTERT
In plaas van kaas het ek 2 minute noedels gebruik.
400 ml melk
1 blik soutbeesvleis en 3 weense worsies, opgesny
3 of 4 geklitste eiers
1 x 2 minute noedels (gaar in mikrogolf, gebruik in plaas van 500 ml gerasperde kaas)
1 ui, gekap
125 ml koekmeel
5 ml elk van sout, mosterdpoeier, as jy wil pietersielie en 1 ml knoffelvlokkies
Meng alles saam, gooi in gesmeerde bak en bak tot gestol, en ligbruin 180°C, rasper kaas bo-oor.
Dit is lekker, gou en maklik.
Marie Rheeder Troskie








