Ek neem ‘n baksak,
gooi 4 t chicken spice,
2 t droe gemmer,
2 lourier blare,
20 ml asyn en
50 ml soyasous in.
vars kruie – roosmaryn, tiemie, salie en oreganum.
Bind toe, gaatjie by by die nek van die sak. Bak 180 grade vir 1 1/2 uur, ek draai die sakkie na so 45 min om. Hoop dit help, want kos maak ek sommer uit my kop en gooi by soos ek goeddunk. Ek gooi nie sout in nie, want soya sous en chicken spice is klaar sout. Ek verkies die heelboude, die stukkies het klein pennetjies in. As ek dit gebruik, pak ek dit in oondbak met al die goete soos in baksak, maak toe en bak dieselfde, maar kyk net dat dit nie te droog bak nie.
Bron: Marie Dumas Jennings