GEBAKTE BLOMKOOL VERRASSING
1 groot blomkool
50g botter
1 groot fyngekapte ui
75g vars witbroodkrummels
2 eiers, geskei
¼ teelepel neutpoeier
sout en peper na smaak
150 ml dik room
tartaresous
Verwyder die harde stronke van die blomkool en sny op in kleiner stukke. Kook in soutwater tot dit sag is. Dreineer goed en maak fyn tot ‘n gladde pasta. Smelt die botter in ‘n pan en braai die uie liggies daarin totdat dit sag is maar nie verkleur nie. Roer die blomkoolpasta, broodkrummels, eiergele en neut daarby. Geur goed met sout en peper. Klits dit wit van die eiers tot styf en vou dit, saam met die room by diemengsel. Skep oor in ‘n gesmeerde broodpan en bedek die bokant met foelie. Bak in die oond by 190ºC vir 1 uur. Verwyder van die oond en laat vir ‘n paar minute afkoel voor dit op ‘n opskepbord omgekeer word. Bedien met tartaresous.
Bron: Adam Cloete



-300x225.jpg)





Geskuif