DULCAN DWYER SE KALAHARI SKENKEL POT
Dulcan Dwyer se Kalahari skenkel pot by Jan Braai se besoek aan Prieska:
olyfolie en botter
6 uie, in ringe gesny
3 rooi soetrissies
3 groen soetrissies, ontkern en in repe gesny
2 stukke vars gemmer, in stukke gekap
knoffel na smaak
5 ml elk borrie, kerrie en neutmuskaat
8 heel naeltjies
8 stukke pypkaneel
3 eetlepels bruinsuiker
2,5 kg skaapskenkels
gegeurde meel
3 koppies warm vleisaftreksel
500 g gemengde droë vrugte
1 koppie blatjang
sout en varsgemaalde peper
appelkooskonfyt
Verhit bietjie olie en botter in jou swartpot. Soteer die groente tot so deurskynend en haal uit pot, gebruik dieselfde pot en braai die kruie en suiker daarin tot so half tameletjie en skep dan uit die pot. Rol die skenkels in gegeurde meel en braai, weer in dieselfde pot tot bruin se kant. Gooi nou die groente en kruie by in die pot saam met die vleisaftreksel. Sit deksel op en stowe tot daai vleisie so nefte van sag is, proe en trek so bietjie geur deur vir oulaas. Roer ‘n groot stuk koue botter en ‘n lepel appelkooskonfyt deur. Skep op die witrys. Die pot kan 10 mense kos gee. Jan Braai het 3 keer kom kos skep!
Foto en resep geplaas deur Stompie Theron Borman







