Kors:
1 pak tennis beskuitjies
100 g botter gesmelt
Maak die beskuitjies in n voedsel verwerker fyn en gooi die gesmelte botter by. “Pulse” tot goed gemeng.
Spuit en voer n 22 cm springform koekpan uit met bakpapier.
Druk die beskuitjie mengsel op die boom vas en sit in yskas.
Vulsel.
Bestanddele:
500 g Philidelpia roomkaas.
1 blik kondensmelk
1 blok wit sjokolade gesmelt en afgekoel (ongeveer 180g)
300 ml vars room
50 ml suurlemoensap.
2 teelepels gelatien opgelos in 50ml kookwater en afgekoel.
300 ml bottel gekoopte desert sous, toffie geur.
Klits die roomkaas, kondensmelk, wit sjokolade, room en suurlemoensap tot glad. Voeg die afgekoelde gelatien by en meng goed.
Gooi die helfde van die kaaskoek vulsel in die koekie kors en gooi die helfte van die toffie stroop oor. Neem n mes se punt en trek patroontjies deur. Gooi die ander helfte van die kaaskoek mengsel oor en dan die ander toffie stroop, Trek weer met n mespunt patrone deur. Laat oornag in yskas om te stol.
Dit is my eie resep. Lekker eet!
Bron en foto : Hettie Bezuidenhout









Reon Conradie
Dit is rerig erig lekker.
Dis n wit sjokolade en toffee kaaskoek. Dis ook netso maklik om te maak