

VARKWORSIES EN APPELROL
(Goedkoop en kan ‘n hele paar mense kos gee)
2 pakkies varkworsies, haal velletjies af
1 groterige gaar aartappel, mikrogolf sommer, fyngemaak
1 groot eier
pietersielie, fyngekap
1 gerasperde ui waarvan die vog afgegooi is
Meng hierdie bestanddele.
450 g blik onversoete appels – of andersins twee kleintjies
Mrs Ball’s blatjang
Plaas twee langwerpige stukke bakpapier langs mekaar op ‘n plat oppervlak.
Skep die varkworsiemengsel daarop en druk in ‘n langwerpige vorm soos vir ‘n rolkkoek.
Plaas bakpapier bo-oor en rol dit uit tot ongeveer 2 cm dikte (moet lyk soos ‘n rolkoek voordat vulsel daarin geplaas word).
Geblikte onversoete appelskywe (in blik sommer met mes in stukkies gesny).
Smeer Mrs Balls Original Blatjang bo-oor die varkworsiemengsel.
Sit die appelstukkies bo-op (nie tot teen die kante nie) en versprei oor vleis.
Neem ‘n groot genoeg stuk swaargewig aluminium-foelie (blinkkant teen vleis) en skuif dit half onder die waspapier in sodat as die vleismengsel opgerol word, dit op die foelie in die middel daarvan sal land.
Rol nou die vleismengsel op en af van die waspapier af sodat dit in die middel van die foelie is. Vou die foelie stewig toe aan die bokant en aan die sykante.
Bak in ‘n voorafverhitte oond teen 180°C vir ongeveer een en ‘n half uur.
Maak die foelie oop en rooster vir ‘n klein rukkie onder die “grill” van die oond tot ligbruin.
Smeer blatjang weer bo-oor en bedien saam met enige groente of slaai.
Resep geplaas deur Elize Colton






