

SKOONMA SE MELKTERT
Hierdie is my skoonma se melktert resep.
Kors:
125 g botter
½ koppie suiker
1 ekstra groot eier, geklits
1 hoogvol koppie bruismeel
Meng die botter en suiker deeglik in ‘n mengbak, voeg die eier by en meng weereens deeglik. Voeg die bruismeel by en roer goed deur. Smeer die deeg met ‘n lepel liggies in 3 groot foelie tertborde, ‘n bietjie teen die kantevan die tertbor ook.
Vulsel:
1 liter melk
3 eiers, geskei
½ koppie suiker
200 ml Maizina
125 ml botter
Meng die eiergele, suiker en mielieblom met die melk in ‘n mikrogolf bestande bak, totdat die mielieblom opgelos is. Plaas die mengsel in die mikrogolf en kook op hoog vir 10 – 15 minute. Roer tussendeur met ‘n draadklitser om te verhoed dat klonte vorm. Klop intussen die eierwitte tot baie styf. Wanneer die vulsel begin styf raak in die mikrogolf, roer die botter in by die vulsel en plaas die vulsel terug in die mikrogolf vir ‘n paar sekondes.
Vou die eierwitte versigtig by die vulsel in. Verdeel die melktertvulsel in die 3 tertborde, strooi fyn kaneel oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 25 – 30 minute.
Nota:
Jy kan enige geursel van jou keuse in die kors en die vulsel gebruik, ek gebruik amandelgeursel.
Resep getoets en foto: Mary Gelderbloem
One thought on “SKOONMA SE MELKTERT”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done