ROOI BALLE / RED CAKES
3 ½ koppies koekmeel
1 teelepel sout
4 eetlepel suiker
4 eetlepel margarien
1 groot eier
½ koppie louwarm melk
1/3 koppie louwarm water
10 g kits gis
Meng al die droë bestanddele saam, vryf die margarien in die meel, voeg die gis by.
Meng die louwarm melk en geklitste eier by en genoeg louwarm water om sagte deeg te vorm. Knie goed en laat rys vir 10 minute.
Stroop:
450 g appelkooskonfyt
125 ml water
½ koppie suiker
1 teelepel rooi kleursel
750 ml olie om in te bak
2 koppies klapper
Knie die deeg af, deel in 12 dele, plaas die balle in ‘n geoliede pan en druk dit in ‘n plat sirkel.
Bedek met plastiek en laat rys tot dubbel die grootte ongeveer 20-30 minute.
Maak die stoop aan as volg:
Meng die appelkoosonfyt, water, suiker en kleursel saam, plaas op die stoof, roer gedurig tot die suiker gesmelt het en dit warm is.
Verhit die olie.
Bak die balle in die warm olie en dreineer op bruinpaper.
Doop die gaar balle in die stroop en daarna in die klapper terwyl dit nog warm is..
Nota:
Ek het myne ingespuit met konfyt ook, dis heerlik.. Jou keuse
Resep en foto: Ria Jacobs








