Regtig heerlik, vinnig en maklik.
2 pk Moirs Peppermint Crisp Tart Flavour Instant Pudding
1 pk Moirs Chocolade Mousse ( net 1 van die 2 sakkies in die verpakking)
1/2 Kit Kat Chunky mint
Tennisbeskuitjie
Botter indien verkies (80ml)
Maak die tennisbeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter, druk onder in die tertbak vas, of pak net ‘n laag tennisbeskuitjies.
Maak die Instant poeding aan soos op die verpakking maar vat so bietjie minder melk (750ml) gooi dit op die tennisbeskuitjies, sit in die yskas
Maak nou die 1 pakkie mousse aan soos op die verpakking net 225ml melk
skep dit bo-op die instant poeding en rasper die Kit Kat bo-oor. Sit in die yskas om heeltemal te stol
Hierdie is net genoeg vir 4 mense, mens kan dit regtig maar verdubbel, ek sou se dit is ”n lekker poeding, maar dien net so goed as ‘n tert, hy is bietjie sag, maar skep pragtig uit met die koekie kors.
Lekker eet
BRON: Rina Kleinhans (eie resep)









