Meng sout, melk en kaneel in swaar boom pot en bring tot kook punt oor hoë hitte.
Prut op lae hitte.
In ‘n meng bak, meng mieliemeel met die water om ‘n paste te vorm.
Haal kaneel stokkie uit die melk en voeg die mieliemeel paste geleidelik by en roer aanhoudend vir so 10 min.
Verwyder pot van hitte en roer die suiker en vanilla by.
Plaas ‘n deksel op die pot en laat rus vir 5 min.
Roer nou die eier gele by.
Skep in aparte bakkies
Strooi strooisuiker bo-oor elke bakkie en karameliseer dit met n blaasvlam of onder die oond rooster.
Het dit eenkeer gemaak. Is baie lekker en romerig.
Resep: Franco Dippenaar.









