Ek werk mos maar net altyd op my eie mates – nie een ding ooit altyd dieselfde nie.
1 kg maalvleis
2 snye wit brood – korsies afgesny. Maak fyn in twister
Uie en tamatiesmoor wat ek gekook het verdik met bietjie mazina (was als saamgekook).
Voeg sout en peper by en stew granuals.
Bietjie van die volgende : coriander, neutmaskaat, fyn naeltjies en wat ookal jy nog dink sal lekker smaak gee. Meng alles goed deur. Maak bolletjies. Dan gebruik ek my bauer pan en gooi so 2 koppies water in en so kwart koppie jimmys of lampies braaisous. Roer die twee saam deur en laat mengsel kook. Sodra kook gooi ek die bolletjies in die pan – draai gereeld om en die sousie begin bietjie dikker word – moennie te lank braai nie anders raak hul te droog
Resep en foto: Marietjie Nel