

LAMSVLEIS MET BOTTERBONE EN FETA
100 ml olyfolie
4 preie
6 heel knoffelhuisies
3 wortels, in klein blokkies
3 blikkies 410g botterbone gedreineer en afgespoel
1 blik 410 g gekapte tamaties
250 ml rooiwyn
250 ml hoenderaftreksel
10 ml droë origanum
2 lourierblare
sout en swartpeper
8 lamstjops
sap van een suurlemoen
400g feta
Verhit oond tot 180°C. Gooi 80 ml olyfolie in ‘n groot oondbraaibak, verhit die olie op ‘n plaat en braai die preie, knoffel en wortels vir sowat 10 min. Voeg die botterbone, tamaties, rooiwyn en hoenderaftreksel by. Geur met origanum en lourierblare sout en swartpeper. Maak die bak toe met foelie en bak 45 min. Sit intussen die tjops in ‘n bak en gooi die res van die olie en die suurlemoensap oor. Verhit ‘n swaarboompan. Braai die tjops tot bruin aan weerskante. Geur met sout en peper. Haal die groente uit na 45 min en rangskik die tjops en fetakaas bo-op. Plaas terug in die oond vir 20 min.
Arina Fyfer






