Plaas die Cremora in ‘n mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en klits tot glad. Voeg kondesmelk by en hou aan klits.
Voeg die suurlemoensap by, nie alles op een slag nie, anders word dit nie styf nie. Klits die heel tyd en voeg so kort-kort ‘n spuit suurlemoensap by. Dit moet so ongeveer 15 min neem om die hele botteltjie in te spuit. Teen die tyd is die mengsel baie dik.
Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oop, en krummel beskuitjies bo-oor. Dit kan dadelik geeet word of in die yskas gebêre word vir later.
Resep geplaas deur Adri Gifappel van Wyk
Foto: Meisie Fuchs








