Gillian Logan Bredenhann – kommentaar
Die “koek” het lekker uitgedraai….maar ek het 2 dinge hier geleer. Dit het 4 ure gevat en nie 3 nie. Gewoonlik as ek met my slowcooker werk, en ek tel die deksel op om die kos te roer, is daar mos stoom (waterigheid) aan die binnekant van die deksel. Mens hou dan net die deksel oor die pot en die water beland in die pot. Wel….ek het toe (uit gewoonte uit) ook die deksel oor die koek gehou…en daai kant van die koek was toe heel wat klammer as aan die ander kant. So ek moet volg keer onthou om die deksel vinnig te verwyder en op die toonbank neer te sit, en dit nie dreineer oor die koek nie. Die 2de les, is dat ek die resep gevolg het, en die koek beslag direk in die slowcooker bak, wat met spray en cook gespuit is, ingegiet. Hier sal ek ook eerder dit in ‘n glas bak/pannetjie ingiet, en dan in die slowcooker plaas. Alhoewel die koek heeltemal los was, was dit ‘n storie om dit daar uit te haal. Eers met 2 eierspane probeer, en toe maar ‘n platter bo-oor die bak gesit, en die hele slowcooker bak onderstebo gedraai. Die koek het ‘n hengse hou geval ween die hoogte van die bak. Sou mens die koek heel en lewendig in ‘n bak kan uitkry, maak die ‘n pragtige ovaal en klam koek, wat heel indrukwekkend sal lyk as dit mooi versier word








