AARTAPPELGEREG
Genoeg vir 2 persone
Kook 4 medium aartappels met skill tot sag. Terwyl dit kook braai in ‘n pan een fyn gekapte ui en een teelepel fyn knoffel. As uiemengsel mooi gebraai het, voeg gekerfde sampioene by en braai vir 2 tot 3 min. Voeg 300 gr ham (enige tipe) by wat in ongeveer 1.5 x1.5 sentimeter blokkies gesny is, roer deur om alles te meng,
Maak 1 pakkie kits sampioen- en kaassous aan voeg by die hammengsel en meng goed. Aartappels behoort nou sag te wees. Plaas 2 aartappels in ‘n bord en sny dit in blokkies. Skep die ham mengsel bo-op en eet dadelik (skil kan verwyder word as so verkies en extra gerasperde kaas kan bo-oor gestrooi word)
Foto en resep geplaas deur Gerhard De Beer








