SPEK- EN AARTAPPELGEREG
4 groot aartappels
2 groot uie
1 pak spek (bacon) in stukkies gesny
1 tamatie
1 blik sampioen roomsop
½ koppie mayonnaise
½ koppie blatjang
Sout en peper na smaak
Olie om in te braai
Kook aartappels tot ferm (nie sag nie). Trek skillle af en sny in blokkies of skywe. Pak in groot oondbak. Braai uie en spek in olie tot gaar. Sny tamatie in stukkies en roer by, skep bo-oor aartappels.
Meng saam:
1 blik sampioenroomsop
½ koppie mayonnaise
½ koppie blatjang
sout en peper
Skep bo-oor aartappels en strooi gerasperde kaas bo-oor.
Bak vir 30 minute tot effe bruin.
Foto: Sheila Marsburg Troskie
Note: My Spek- en Aartapelgereg, ek het nie n blikkie sampioensop gehad, so ek ‘n pakkie gekook, ook nie blatjang en mayo ingesit nie, Dit was heerlik!








