SAMPIOEN GROENBONE
1 groot ui opgekap
200 g gekerfte sampioene
400 g grof gekerfte groenbone
Olyfolie
Origanum
Ina Paarman vegetable spice, garlic & herb en seasoned sea salt
Vars gemaalde swart peper
1 teel maizina aangemaak met bietjie water
Gooi kook water oor jou groenbone en mikrogolf vir so 4 min.
Gooi water af en gooi koue water oor. Gooi water af voor gebruik.
Braai die uie in bietjie olyfolie tot net sag, gooi die sampioen by en braai net deur. Gooi die groenbone by en gooi nog so bietjie olyfolie oor en die origanum, roer deur en laat stadig deur kook, gooi nou so half koppie water op, sit deksel skuins en kook stadig tot boontjies sag genoeg is na smaak. Gooi nou jou ander speserye by na smaak. Maak die sousie biejie dikker met die maizina, laat net deurkook, en haal van die plaat af.
Regtig iets anders en baie lekker
Resep en foto: Rina Kleinhans








