Meng rooibos en kakao tot glad en laat afkoel.
Klits eiergele en suiker goed saam. Roer dit by kakaomengsel in.
Roer olie en vanilla ook by kakaomengsel in.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en meng by kakaomengsel.
Klits eierwitte styf en voeg by, meng goed.
Verdeel in 2 panne.
Bak 30 min by 180 ºC.
Dis ‘n groot koek.
VERSIERSEL:
halwe pakkie sjokoladekitspoeding.
1 blik karamelkondensmelk.
250 ml room.
Klits saam en laat n ruk in yskas. Smeer tussen lae en bo-op koek. Sif bietjie kakao oor .
Hou die koek in die yskas.
Resep: Frieda Greyling
Foto: Tanya Smith









Geskuif