ROMERIGE HOENDERPENSIES, LEWERTJIES EN HARTJIES
2 uie
1 groen soetrissie
1 bakkie hartjies
1 bakkie lewertjies
1 bakkie pensies
1 pakkie wituiesop
1 pakkie room sampioensoppoeier
1 houertjie room
hoenderspesery
mix herbs
Braaie uie en spesery saam. Voeg die pensies, lewer en hartjies by en braai vir ‘n rukkie, giet water in net dat dit bedek is. Stoom tot sag. Meng wituiesop en sampioensop saam, meng die room by. Voeg by die pensiemengsel en kook deur.
As sous te dun is, maak dikker met bietjie maizena.
Sit voor met rys of stampmielies.
Resep en foto: Natasjha Hartslief Blom
Tweede foto: Petro Kloppers









