PASTASKOTTEL MET BOELIE BIEFF
1 blik boelie bief
1 blik heelpit mielies
gesnyde spek
kaas, gerasper
1 pak skroewe pasta
3 eiers
2 gekapte uie
Kook pasta vir 20 minute. Braai uie goud bruin voeg spek by braai bruin.
Water heelpit mielies af maak boelie bief fyn met vurk.
Meng dan uie en spek by pasta saam boelie bief en heelpit mielies. Meng goed.
Klits eiers saam met die helfte van die kaas en voeg by pasta gereg.
Plaas in oond teen 180ºC vir 30 min.
Net voor bedieninge sprinkel res van die kaas oor gereg en smelt die kaas.
Resep: Marie Rheeder Troskie
Foto: Lize van der Westhuizen Swart








