MAKLIKE VRUGTEKOEK MET KERSIES
Ek het nie die cherries in die deeg gemeng nie maar bo-oor gegooi net voordat dit oond toe is.
500 g Gemengde koekvrugte
125 g dadels
125 g Kersies
125 g margarien
2 Koppies kookwater
1 Koppie suiker
½ Koppie wyn
1 Eiers
Knippie sout
2 Koppies meel
1 Teelepel (hoogvol) bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Metode:
Kook die vrugte, suiker, margarien en water saam vir ongeveer 20 minute. Voeg die koeksoda by en verwyder van die stoof. Voeg die dadels en kersies by. Meng die eier, meel bakpoeier en sout by die vrugte. Gooi heel laaste die wyn by.
Bak 1½ uur by 180˚C.
Foto: Joey Venter
Resep: Rinie Louw








