

MAKLIKE SLAP SKONS
250 ml bruismeel
250 ml nutty wheat
3 teelepel bakpoeier
2 ml sout
5 ml mosterd poeier
25 ml sonneblom saad
5 ml sesame saad
1 koppie gerasperde kaas
1 eier
80 ml olyfolie
180 ml melk
knypie rooi peper, indien verkies
Meng die melk eier en olyfolie. Gooi die res van die bestandele in ‘n mengbak en meng lekker deur, maak aan met die melkmengsel. Indien te droog gooi nog bietjie melk by. Skep in ‘n 6 x muffin pan en bak vir 15 min by 180°C. Die deeg is slap, maar moet nie van die lepel afloop nie.
Baie baie lekker en bros. Hulle is groot 1 skon = 2 gewone skons.
Rina Kleinhans.






