LEKKERSTE KLAM VRUGTEKOEK
1,25 kg Vrugtekoekmengsel
500 g dadels, fyn gesnipper
500 g verglansde vrugte
125 groot glanskersies
500 ml brandewyn
500 ml Suiker
500 g botter
4 eiers
820 ml koekmeel
5 ml koeksoda
3 ml fyn kaneel
3 ml fyn gemmer
3 ml (foelie) (‘mace”) OF fyn neutmuskaat
DAG 1: Meng die vrugtekoekmengsel, dadels, verglansde vrugte, kersies en brandewyn saam, bedek en laat staan vir 24 uur. (EK het dit glad nie so lank laat staan nie, net 2 ure op die meeste)
DAG 2: Voorverhit die oond tot 150 grade C en voer ‘n diep pan van 26 cm met drie lae bakpapier uit.
Verroom die suiker en botter saam tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die vrugte-en-brandewynmengsel by en roer goed.
Voeg die meel, koeksoda, kaneel, gemmer en foelie of neutmuskaat by en meng goed. Skep in die voorbereide pan, smeer gelyk en bak vir ongeveer 3 ure of tot deurgaar.
Laat in die pan afkoel. Lewer een groot koek.
NOTA: Geen brandewyn hoef na die tyd oor die koek gegooi te word nie. Sodra dit afgekoel is, is dit rem om te eet en proe dit of dit vir maande rypgemaak is.
DIE KOEK HOU VIR MINSTENS 1 JAAR IN DIE YS- OF VRIESKAS (MITS LUGDIG VERPAK)
Resep geplaas deur Petro van Genderen
Foto:Riki Rich









