WONDERLIKE VRUGTEKOEK
2 kop geelsuiker
1 kop korente
1 kop sultanas
2 kop rosyne
½ kop kersies
1/2 kop pekan neute grof gekap
1/4 kop amandels grof gekap
½ Pak gemengde skil
2 kop kookwater
4 kop meel
250g dadels
250g botter (nie magerine)
1 teel gemengde speserye
2 teel kaneel
1½ teel gemmer
2 teel soda opgelos in bietjie warm melk
2 eiers
1 teel sout
1 teel vanilla geursel
Opsioneel – 1/2 kop versuikerde groenvy
Kook vrugte vir 10 min in 2 kop water tot lekker dik
Gooi laaste 3 min ½ Pak gemengde skil by
Voeg botter en suiker by warm mengsel en roer deur, laat goed afkoel
Wanneer koud roer 2 goed geklitste eiers, 4kop meel, en res van bestandele by
Voeg opgeloste soda heel laaste by en meng by
Bak in baie goed gevoerde pan vir 30 min by 180°C en ‘n verdere 2½ uur by 150°C
Wenke:
Oondrakkie moet nie in heel onderste gleuf wees nie, sit rakkie in eerste gleuf, laer as die middelste gleuf. As koek gaar is, keer versigtig uit op draadrakkie, Koel af en gooi brandewyn, gemeng met soetwyn, versigtig oor, so 3 E op elke koek. As heeltemal koud, draai koeke versigtig om en sit in groot stuk tinfoelie, gooi Dan weer dieselfde hoeveelheid brandewyn/soetwyn Bo-oor. Vou toe met foelie en bere in lugdigte blik.
Hierdie koek is ‘n heerlike klam koek en glad nie bitter nie. Bak ‘n paar weke voor die tyd en laat ryp word. Sprinkel van tyd tot tyd brandewyn of sjerrie oor.
As jy die koek wil versier moet jy dit doen voor jy dit in die oond plaas…
Susan Katryn JV Rensburg
(bron: My Ma se kookboek)