WONDERLIKE VRUGTEKOEK
2 koppies geelsuiker
1 koppies korente
1 koppies sultanas
2 koppies rosyne
½ koppie kersies
½ koppie pekan neute grof gekap
¼ koppie amandels grof gekap
½ pak gemengde skil
2 koppies kookwater
4 koppies koekmeel
250 g dadels
250 g botter (nie magerine)
1 teelepel gemengde speserye
2 teelepel kaneel
1½ teelepel gemmer
2 teelepel koeksoda opgelos in bietjie warm melk
2 eiers
1 teelepel sout
1 teelepel vanilla geursel
Opsioneel – ½ koppie versuikerde groenvy
Kook vrugte vir 10 min in 2 koppies water tot lekker dik.
Voeg laaste 3 min ½ pak gemengde skil by.
Voeg botter en suiker by warm mengsel en roer deur, laat goed afkoel.
Wanneer koud, roer 2 goed geklitste eiers, 4 koppies koekmeel, en res van bestanddele by
Voeg opgeloste koeksoda heel laaste by en meng deur.
Bak in baie goed gevoerde pan vir 30 min by 180°C en ‘n verdere 2½ uur by 150°C
Wenke:
Oondrakkie moet nie in heel onderste gleuf wees nie, sit rakkie in eerste gleuf, laer as die middelste gleuf. As koek gaar is, keer versigtig uit op draadrakkie, Koel af en giet brandewyn, gemeng met soetwyn, versigtig oor, so 3 eetlepels op elke koek. As heeltemal koud, draai koeke versigtig om en sit in groot stuk tinfoelie, giet dan weer dieselfde hoeveelheid brandewyn/soetwyn bo-oor. Vou toe met foelie en bere in lugdigte blik.
Hierdie koek is ‘n heerlike klam koek en glad nie bitter nie. Bak ‘n paar weke voor die tyd en laat ryp word. Sprinkel van tyd tot tyd brandewyn of sjerrie oor.
As jy die koek wil versier moet jy dit doen voor jy dit in die oond plaas…
Susan Katryn JV Rensburg
(bron: My Ma se kookboek)








