PYNAPPELBLATJANG
FOOD LOVERS RECIPES
2.5 kg ryp pynappels
2 groot uie
300 g melassesuiker
125 ml bruin asyn
15 ml goue stroop
7 ml kerriepoeier
5 ml mostertpoeier
5 ml sout
2 ml borrie
Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op.
Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt.
Roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Prut mengsel tot dik en roer gereeld.
Bottel die blatjang warm en verseël dit dadelik.







