

KOMKOMMERKONFYT
1 ½ pond engelse komkommer, ongeveer (700 g)
½ pond wortels (250 g)
2 pond suiker, ongeveer (1 kg)
3 koppies water
2 blikkies fyn pynappel
knypie sout
Rasper komkommer en geskilde wortels op growwe kant van rasper.
Voeg suiker en water by en laat oornag staan. Kook tot amper reg en voeg dan die crushed pynappel en sout by. Kook tot reg is. Laat koud word en bottel. Indien verkies kan komkommer afgeskil word.
Nota: ek gebruik die engelse komkommer en dit word met skil en pitte gerasper, dit is werklik baie lekker-as jy weet hoe smaak makatan konfyt-dit smaak presies so! Indien verkies kan die komkommer afgeskil word, skil gee net n mooi kleur aan die konfyt.
Resep: Anet Grove
Foto: Marie Grobler – Smaak lekker en ek het net 1 blikkie chruched pynappel bygesit in plaas van 2. Baie lekker dit smaak soos waatlemoenkonfyt.







Geskuif
Marie Grobler
Die konfyt smaak regtig soos waatlemoen konfyt. Ek sal dit weer maak